24 Sep Swys: Van uitgebrand tot aan die brand by Bok-vroue

26 MIN
Download (12.4 MB)
Swys de Bruin sluit hom dié week aan by Rapport Praat Sport om te gesels oor die Springbok-vroue se spogvertonings by die Wêreldbeker-toernooi in Engeland.
“Toe Dave Wessels my vra of ek nie die Bok-vroue wil afrig nie, het hy my middelpen geboul. Maar dit was die beste rugby-besluit wat ek nog geneem het,” sê De Bruin.
As oudafrigter van Griekwas en die Leeus, is hy ook die ideale mens om te gesels oor die Curriebeker-eindstryd van die afgelope naweek. Hy deel ook sy mening oor die Springbokke in aanloop tot Saterdag se groot toets teen Argentinië.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
AF
SOUTH AFRICA