5 Mar Onthul: Felix en sy gesin wil sak en pak na SA trek

29 MIN
Download (13.6 MB)
Springbok-nuus is volop: Felix Jones keer terug, Handré Pollard word weer ’n Bul . . . en Rassie Erasmus het Woensdag op sy eerste mediakonferensie van die jaar onthul hy wil nóg drie Bok-wedstryde – twee toetse en ’n kragmeting met die Barbarians – tot die span se skedule vir 2025 voeg. Dit sal beteken Suid-Afrika speel vanjaar in 15 wedstryde. ’n Propvol rugby-spyskaart!
Hendrik Cronjé sê Pollard gaan een van die grootste plaaslike kontrakte tot nog toe kry, maar hy is steeds agter Siya Kolisi in die tou van Suid-Afrikaanse rugbyspelers met die beste inkomste.
Ons wonder ook hardop wat Tony Brown dink van Jones se terugkeer. Tony is immers in sy voormalige pos aangestel . . .
Hendrik sê ook Erasmus, Jones, Jerry Flannery en Jacques Nienaber is steeds saam op ’n WhatsApp-groepie.
Ons wil ook baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
AF
SOUTH AFRICA